Rider Killed near Oudtshoorn, WC

‘n Motorfietsryer van Oudtshoorn, Ernst van Biljon, is vanoggend Maandag 10 Junie 2019, oorlede na ‘n motorfietsongeluk.

Hy was tussen 07:30 en 08:00 na De Rust onderweg toe die motorfiets by padverleggings die pad verlaat het. Die beseerde Van Biljon het aan paramedici gesê sy rug en skouer het seergekry, maar dit blyk dat hy toe met asemhaling begin sukkel het.

Hy is binne minute hospitaal toe geneem waar hy kort daarna beswyk het.

Sy suster wat later by die toneel was, het gesê dat familielede wat tans in Gauteng is, teen môre met die media sal praat.

Van Biljon was in sy sestigs.

Bron: Oudtshoorn Courant

×

Hello!

Click on Hein below to chat on WhatsApp during business hours, or send him an email to hein@msi.org.za

× How can I help you?